Tuinnatspuitgedagtes #1

deur Annelise

My brein kom nooit tot rus nie. Op elke oomblik van elke dag is daar honderde bekommernisse, idees en goed waaroor ek wonder wat deur my kop flits. In die nag word al daardie gedagtes drome. Om my tuin met die hand nat te spuit, laat hierdie gedagtes so bietjie rustiger word. Wanneer my kop dan so stiller word en op die plante en die nat gras onder my kaalvoete fokus, kom nuwe gedagtes in my kop – vreemde gedagtes – gedagtes wat deur my tuin ingekleur word. Tuinnatspuitgedagtes.

Soms, byvoorbeeld, dink ek ‘n mens kan iemand se persoonlikheid in sy/haar tuin opspoor.

Ek is ‘n kind van ‘n militaris (pa) en kunstenaar (ma). Ek kan in my tuin bewyse sien van daardie aspekte wat gemeng is in my.

Ek hou van orde. Dieselfde goed word bymekaar geplant. Verskillende areas het verskillende doele en karakters. Die beddings se kante moet netjies en duidelik wees – dis met stene afgebaken.
Maar as ‘n plantjie self iewers opkom, dan laat ek hom begaan. Kappertjies blom tussen die Clivia’s en Afrikanertjies groei sommer net waar hulle wil.
So dis amper soos wanneer ‘n paar hippies toegelaat word om tussen ‘n peloton op parade deur te hardloop. 😉

Ek love albei van daardie karaktertrekke van my tuin. Hierdie is hoe dit lyk waar die hippies losgelaat is:

 

Kan jy jouself in jou tuin sien?

Tuinstories

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *