Kom ons doen hierdie in 2022!

Liefste Tuinmaak-leser,

Baie dankie aan almal wat nog steeds hier is al groei hierdie webwerf die laaste paar jare so swak soos ‘n roos in die woestyn. Hierdie roos het nou verskriklik baie reën en bemesting gekry en gaan in 2022 groei soos nog nooit tevore nie. Dit gaan baie meer gereeld blom en sommer groente en vrugte dra. 😉

Ek hoop jy sal help met hierdie heel eerste idee van die jaar. Toe ek ‘n video gesoek het (hieronder) waarin ek jou ‘n gelukkige nuwejaar kan toewens het ek die idee gekry dat ons aan die einde van hierdie jaar ‘n soortgelyke video moet maak waarin al ons lesers se tuine en blomme en groente kan “feature.” Sal dit nie baie oulik wees nie?

Maar dan moet ons NOU in die eerste week van Januarie begin. Stuur asseblief elke maand van die jaar soveel fotos as wat jy wil van wat mooi is in jou tuin na tuinmaak.annelise@gmail.com. Onthou om jou naam en miskien waar jy bly (waar is die skoonheid) in te sluit. (Ek wil net in die credits erkenning gee aan almal wat bygedra het, nie iemand se adres daarin weggee nie.) Ek sal dit rangskik en as dit baie is kan ons ‘n maandelikse video maak – anders sit ons alles aan die einde van die jaar bymekaar.

Wat dink jy van die idee? Ek is nou sommer opgewonde. Ek sal een keer per maand jou daarvan herinner. 🙂

Hoop jy het intussen ‘n vrugbare jaar met net genoeg reën en son en net so bietjie koue in die middel van die winter dat jou tuin ‘n pragstuk sal wees.

Met goeie wense so oorvloedig soos stuifmeel in die lente.

Annelise

 

 

 

 

 

Tuinprojekte

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *