Zingiber spectabilis (ornamentele gemmerplant)

Ek moes net vir julle hierdie dramaties pragtige plant wys wat ek onlangs ontdek het  – die Zingiber spectabilis of ornamentele gemmerplant. 

Die genus Zingiber is inheems aan Suidoos-Asië veral, Thailand, Sjina, die Indiese subkontinent, en Nieu-Guinea.

Die byekorf gemmerplant word as eksotiese plante gekweek en veral vir hulle blomme wat soos ‘n klein byekorf lyk en in verskillende kleure (van bruin tot goud tot pienk en rooi) voorkom. Dit is ‘n tropiese plant wat tot 2 meter hoog kan word. Die “blomme” groei direk uit die grond uit eerder as tussen die blare.

In warm, vogtige gebiede kan hulle buite geplant word, maar in kouer dele is dit beter om hulle in potte te plant wat jy in die winter na beskutting teen die koue toe kan skuif. Hulle is nie rypbestand nie.

In die regte kondisies is die Zingiber spectabili egter ‘n geharde plant wat selfs ander plante kan verdring as dit nie dopgehou word nie. Hulle lyk pragtig in massas en die blare het ook ‘n sterk aangename reuk. 

Hierdie plante soek half tot gefiltreerde skaduwee (soos onder ‘n boom) en baie plek of ‘n groot pot om in te groei. Direkte sonlig kan die blare brand. Hou die grond klam – dink aan die kondisies waarin dit in ‘n tropiese omgewing  sal groei. 

 

 

Plante

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *